.
.
.
.
.

WEES LIEF VIR GOD

WEES LIEF VIR JOU NAASTE

MAAK ‘N VERSKIL

‘AGS Lewende Waters die gemeente van liefde.

Soos die naam lees so streef ons om te wees en te leef.

‘n Baken van hoop en van liefde in en om ons gemeemskap en so ver as wat ons kan bereik. In hierdie gemeente glo ons in familie wees.

n Familie waar jy tuis is en waar elkeen sy/haar plekkie het en deel bydrae in die liggaam.

n Familie wat mekaar bystaan, mekaar oplig, motiveer en inspireer. ‘n Familie wat saam huil en saam lag en saam jubel en juig wanneer ons getuies is in God se wonderlike werke in en om ons. Jonk en oud bou ons saam aan hierdie familie asn eenheid in Jesus Christus en vertrou ons saam op die leiding van Heilige Gees om ons te groei en te leer in Sy wee.

Die DNA van hierdie familie:

Wees lief vir God

Wees lief vir jou naaste

Maak ‘n verskil

Kom loer gerus in, kom nes jy is, ons is opgewonde om jou te leer ken en deel te maak van hierdie pragtige familie.

As gesin kom ons oorspronkilk van die Laeveld waar ek en Michelle in die 5-ster Lodge industrie in en rondom die Kruger Wildtuin gewerk het. Later gedurende my loopbaan as Luukse motorhandel Bestuurder loop ek in Jesus Christus vas en besef, ek was al die jare `n Kerk ganger en nooit `n ware Dissipel van Christus.

Die Here seën ons met twee pragtige kinders wat baie lief is vir Hom en na 6 jaar se betrokkenheid en deeltydse bediening in `n gemeente roep Heilige Gees my om te studeer en dieper kennis op te doen vir voltydse bediening. Ek studeer deur die AGS van SA en Global University en verwerf my BTH graad in 2015. In 2016 word ek georden as pastoor in die AGS en ons aanvaar ons eerste beroep na `n voltydse gemeente in 2016.

Net mooi 4 jaar later roep die Here ons as gesin na AGS Lewende Waters om hier Sy gemeente op Sy Woord te bou, herstel en te aktiveer. Ons hart as gesin is om `n Gemeente van liefde te groei wat nie net kerk toe kom nie maar waarlik Kerk sal wees deur ware Dissipels te wees. Ons al 4 het `n passie vir ons Verlosser en die werk wat Hy in mense se lewens doen en deel dit graag met elkeen wat oor ons pad kom. Hier by AGS Lewende Waters glo ons, is God se plan om elkeen wat deel vorm aktief te gebruik om in hierdie dorre geestelike gemeenskap van Richards Baai, Lewende Water te wees.

Gebore en geroep binne in die AGS Kerk van SA.
Vandat ek tot wedergeboorte gekom het, het ek geweet die Here roep my vir ‘n verlore wereld en ervaar ek duidelik dat ek my lewe moet toewy aan Evangelisasie.

Ek studeer aan die AGS van SA se Teologiese Opleidingssentrum en verwerf my BTH graad in 2011. Dit geskied terwyl ek binne in AGS gemeentes dien en my dorp vertel van Jesus op enige platform waar ek my voet kan neersit. In 2013 word ek amptelik georden as Pastoor van die AGS van SA. In 2015 word ek deur die AGS van SA gesekondeer na Judea Harvest, ‘n Evangelisasie en Kerk Planting organisasie.

Ek stig in 2015 Freedom Generation. ‘n Organisasie wat mensehandel bekamp en ons vorm deel van die “KZN HHPPB” provinsiale taakspan wat nasionaal ons stemme teen mensehandel hef.

2021 Word AGS Lewende Waters my anker gemeente wat dien as my basis waarvan uit ek my plasing by Judea Harvest uitleef en my gemeenskap dien.

HIER IS ONS